Kurrikulum

Baba-klas

Hou asseblief in gedagte: Hierdie skedule is slegs ‘n algemene riglyn. Die skedule is buigsaam en sal verander word om by jou lyfie se behoeftes aan te pas.

06:30 – 08:00

Aankoms (Binnespel)

08:00 – 08:15

Melk / Pap

08:15 – 08:30

Doeke roetine

08:30 – 09:30

Babagroeptyd

09:00 – 09:45

Buitespel

09:45 – 10:45

Slapietyd

10:45 – 11:00

Doeke roetine

11:00 – 12:15

Baba stimulasie akademiese program

12:15 – 12:30

Melk / Middagete

12:30 – 13:45

Baba stimulasie akademiese program

13:45 – 14:00

Doeke roetine

14:00 – 14:15

Melk / Peuselhappies

15:45 – 16:00

Doeke roetine

16:00 – 17:30

Binnespel / Storietyd / Afhaal van leerders

Babagroeptyd

Gedurende die dag, wanneer babas op is, wakker is, gelukkig en sosiaal is, sal ons die babas naby mekaar plaas vir 'n babagroeptyd ervaring. Dit sal 'n prettige leerervaring wees vir die babas om mekaar te sien en interaksie met mekaar te hê. Ons sal ook die week se tema met poppe, prente of opgestopte diere, 'n storie lees, 'n vingerspel opvoer of liedjies sing inbring sowel as sensoriese “messy play”.

Buitespel

Buitespeeltyd vir 'n jong baba kan bestaan uit 'n stap in die stootwaentjie, sit op onderwyser se skoot terwyl hulle liedjies of stories hoor, wieg in 'n stoel saam met juffrou of in ‘n baba swaai. Ouer babas buite tyd kan bestaan uit (dieselfde as hierbo) of sit op 'n dik kombers buite met ouderdomsgepaste speelgoed, speel in die sandput ens.

Kortliks verduidelik:

  • Leerders het ʼn kommunikasie-boekie wat elke dag huis toe gestuur word vir
    basiese daaglikse kommunikasie.
  •  Juffrouens volg ʼn weeklikse lesplan wat bestaan uit: Massering, Oefening van
    spiere, Sensories, Motories en ander stimulasie
  • Die leerderlêers word kwartaalliks huis toe getuur sodat ons met die leerders
    se ‘werk’ kan spog.
  • Die buitekurrikulêre program van die ingesluite aktiwiteite kan kort-kort
    wissel en sal deur gegee word aan die ouers.
  • Daaglikse baba inligtingsblad word in gevul en in kommunikasie-boekie ingeplak.
  • Aanpassingsverslag word voorsien aan ouers:
    •  3 – 6 maande
    •  6 – 12 maande
  • Vorderingsverslag op:
    • 6 maande
    •  12 maande