Kurrikulum
Kleuter-klas (4Jaar)
06:30 – 08:00 | Aankoms (Binnespel) |
08:00 – 08:15 | Ontbyt |
08:15 – 08:30 | Oggendkring (Godsdiens, Nuus, Weer, Verjaarsdae, Register) |
08:30 – 09:00 | Tema bespreking |
09:00 – 09:20 | Toiletroetine, Hande was, Broodjietyd |
09:20– 09:45 | Beweging / Musiek / Groot motories / Buitespel |
09:45-10:45 | Wiskunde / Wetenskap |
10:45-11:15 | Slapietyd / Stiltetyd |
11:15 - 12:15 | Fyn motories / Kuns |
12:15 - 12:30 | Toiletroetine, Hande was Middagete |
12:30 - 13:30 | Geletterdheid |
13:30 – 14:00 | Storietyd |
14:00 – 14:15 | Toiletroetine, Hande was Peuselhappies |
14:15 – 16:00 | Buitespel |
16:00 – 17:30 | Binnespel / Storietyd / Afhaal van leerders |
- Elke week is daar ʼn nuwe tema wat behandel word.
- Daar word ʼn tema-tafel opgestel elke week. Die leerders help deur items van die huis af te bring om by die tema tafel te voeg.
- Leerders het ʼn kommunikasie-boekie wat elke dag huis toe gestuur word vir basiese daaglikse kommunikasie.
- Ouers ontvang ʼn inligtingsblad weekliks wat ingeplak word in die leerders se A5 kommunikasie-boekie. Sodoende kan die ouers saam aan die rympies / liedjies van die week sing en ʼn oorsig hê van wat die week behandel word.
- Juffrouens volg ʼn weeklikse lesplan wat bestaan uit: Geletterdheid, Wiskunde, Wetenskap, Beweging, Musiek, Groot motories / Buitespel en fyn motories.
- Die lesplan kan aangevra word deur die ouers.
- Leerders doen weekliks werkkaarte en aktiwiteite wat in die leerderlêers geplaas word.
- Die leerderlêers word kwartaalliks huis toe getuur sodat ons met die leerders se werk kan spog.
- Die buitekurrikulêre program van die ingesluite aktiwiteite kan kort-kort wissel en sal deur gegee word aan ouers.
- Graad RRR leerders kry nog ʼn ‘slapietyd’.
- Graad RR Gereedheidstoets word aan die einde van die jaar gedoen.
- Weeklikse informele assesserings word gedoen.
- Aanpassingsverslag aan die begin van die jaar