Waar ‘n glansryke toekoms ‘n realiteit word

066 068 6122
Advancity klein

Wat jy kan verwag:

Spyskaart

Maandelikse wisselende lip-lekker-spyskaart (Geregistreerde dieetkundige)

Verslae

Aanpassingsverslae (Sodat jy weet hoe jou lyfie aanpas in hulle nuwe skool / klas)

Kwartaallikse vorderingsverslae

Klaswerklêers

Kwartaallikse klaswerklêers wat huis toe gestuur word om te spog oor kleinding se “werk” en vordering

Aktiwiteite

Playball (3 maande - 6 jaar)
Baba Massering (3 maande - 12 maande)
Musieklesse (6 maande - 6 jaar)
Rekenaarlesse (3 jaar - 6 jaar)
Swemlesse (2 jaar - 6 jaar)
Robotika (5 jaar - 6 jaar)
Robotiza (3 jaar - 4 jaar)
Bak-en-brou (2 jaar - 6 jaar)

Veiligheid

Veiligheid is Prioriteit​​

Veiligheid

Higiëne en etes

Fooie

Ons Fooie

Jaarlikse Registrasie Fooi

*Geen kwartaalikse behoeftes word verder aangevra nie.

Maandelikse Fooi

*Uitgesluit uit die maandeliksefooi en registrasiefooi:

"Potty Training"

Hoe weet jy of jou kind gereed is om potjie opgelei te word?

Hier is 'n paar tekens dat jou kind gereed is om te begin met potjieoefening:

Sodra ʼn lyfie gereed is vir “potty training” stel ons die ouer in kennis. Ons sal ook al die inligting vir die ouers deurgee saam die instruksie wat ook by die huis gevolg moet word. Ons begin gewoonlik wanneer die leerder twee word en die nodige tekens wys. As ʼn leerder nog nie reg is nie, gee ons hulle die nodige tyd asook motivering. “Potty training” moet nooit as ʼn staf of negatief gesien word nie.

Sodra “potty training” begin, beveel ons aan om een van die volgende aan te skaf vir by die huis:

Medikasie

MEDIKASIE BELEID EN PROSEDURES

Die Kinderwet stel verskeie vereistes voor aan kleuterskole, skole en instansies rakende die toediening van medikasie aan kinders en die byhou van registers.

GEEN MEDIKASIE MAG IN KINDERS SE TASSE GEBêRE WORD NIE!

Waar moontlik, moet die eerste dosis van die medikasie by huis gegee word om te sien of die kind enige tipe allergiese reaksie het op die medisyne. Die skool sal alleenlik medikasie toedien met die skriftelike goedkeuring van die ouers/voog. Daar sal medikasie toestemming vorm aan ouers gegee word die oggend wat die medikasie by die skool afgegee word.

Geen bottels medisyne sal aanvaar word nie. Die medisyne moet reeds in ‘n spuit opgetrek wees. Die spuit moet ook duidelik met die kind se naam gemerk wees.

Al die medisyne spuite moet in ‘n plastiese ziplock sakkie gesit word. Die sakkie moet ook duidelik met die kind se naam gemerk wees. Hierdie maatreël is om oordosering te voorkom en daardeur die kleuters en die onderwyseres te beskerm. Ons sal altyd probeer ekstra geseëlde spuite by die skool aanhou.

GEEN SETPILLE SAL AAN LEERDERS TOEGEDIEN WORD NIE

Ons Kurrikulum

3 Maande – 2 Jaar

Die kinders in hierdie ouderdomsgroep word meestal gestimuleer deur hul sintuie te gebruik. Die juffrouens vir hierdie ouderdomsgroep sal konsentreer op die kind se behoefte aan aanraking, spraak, voel en waarneming.

Hierdie ouderdomsgroep kort baie aandag; daarom is die klasprogram gestruktureer om in hul unieke ontwikkelingsbehoeftes te voorsien.

ADVANCITY KLEIN

Algemene inligting hersiening

01

GELOOF

Ons is ʼn Christelike skool en leerders neem elke dag deel aan ons bybelstudie. Ons vier alle Christelike feesvieringsdae.

02

VERJAARSDAE

‘n Verjaardag is ‘n groot gebeurtenis in die lewe van elke kind. Indien u by die skool iets te ete vir die kleuters wil aanbied, is u baie welkom om ‘n verjaardagpakkie op te maak vir elke kleuter in die klas, of bespreek dit met die klasonderwyseres, wat die beste sal wees vir die betrokke klas.

03

UITSTAPPIES

Uitstappies word soms deur die skool onderneem. ‘n Toestemmingsbrief word aan elke ouer gegee voor elke uitstappie en moet voltooi en teruggestuur word. Daar word meer gebruik gemaak van opvoedkundige groepe wat die kleuters by die skool kom besoek, maar soms gebeur dit dat ons die kleuters uitneem waarvoor ons dan ‘n toestemmingsbrief nodig het. Hoewel veiligheidsmaatreëls getref word, kan die skool nie verantwoordelik gehou word vir enige gebeurlikhede nie. Ons probeer die opvoedkundige uitstappies so bekostigbaar as moontlik reël. Die kostes is wel vir die ouers se rekening.

04

AANSOEK VIR TOELATING

Aansoeke geskied elke jaar vanaf Augustus vir die volgende jaar. Daar moet elke jaar vir elke kleuter opnuut aansoek gedoen word, al is die sodoende lyfie reeds by die skool ingeskryf. Gedurende Augustus sal die hoof die ouers verwittig of die kleuter toegelaat kan word, en van watter datum hy/sy die skool mag bywoon.

05

WAGLYS

‘n Waglys word gehou vir die betrokke jaar vir vakatures wat in daardie jaar mag ontstaan – “so doen betyds aansoek”!

06

SKOOLBESOEK

‘n Kleuter wat ingeskryf is, behoort die skool gereeld by te woon om werklik voordeel te trek uit die opvoedkundige program. Indien ‘n kleuter afwesig is, laat ons asseblief weet. Moet nie u kleuter te gou skool toe stuur nadat die kind ‘n aansteeklike siekte gehad het nie.

07

RAPPORTE

U sal vorderingsverslae van u kleuter kry asook ‘n aanpassingsverslae soos gestipuleer in Afdeling A.

08

AMPTELIKE TYD

Kleuters mag gebring word vanaf 07:00. Daar sal ‘n personeellid reeds om 06:30 aan diens wees vir die ouers wat vroeg begin werk. Geen leerders mag voor 06:30 by die skool afgelaai word nie. Die dagprogram begin om 08:00. Probeer asb. die leerder teen die tyd by die skool hê.

09

BENODIGDHEDE

‘n Jaarlikse registrasiefooi word gehef en dit sluit in ‘n skryfbehoeftepakkie wat die onderwyseres in die klas sal gebruik, asook ‘n T-hempie vir Vrydae. Indien u reeds die registrasiefooi betaal het en u sou besluit om nie meer u kind te stuur nie sal die registrasiefooi ongelukkig nie terugbetaalbaar wees nie. Sien Afdeling 10 wat stipuleer wat die registrasiefooi alles insluit.

10

SKOOLDRAG

Trek u kleuter gemaklik aan skool toe, dit wil sê speelklere wat kan vuil word. Maak seker dat u kind se klere nie agterbly by die skool nie. Stuur asseblief ‘n tassie met spaarklere saam skool toe. Op ‘n dag benodig ons dalk droë of skoon klere vir u kleuter. Maak seker dat u kind se klere duidelik gemerk is..

11

EETGOED – OGGEND EN MIDDAGVERVERSINGS

Die skool voorsien gebalanseerde etes aan al die leerders asook koeldrank en gefilterde water deur die loop van die dag. Verwys na Afdeling 5 vir ons lip-lekker-etes. Ouers kan net tydens skoolvakansies vir die peuters en kleuters hul eie gesonde kospakkie saamgee skool toe, met ʼn paar lekkers en bederfies. Die onderwyseres sal dit dan op ‘n veilige plek bêre tot verversingstyd. LET WEL: Leerders kry nogsteeds hul daaglikse etes voorsien deur die skool. Dis kosblikkie is net ʼn ekstra bederfie na middagete. MERK ASSEBLIEF DIE KOSBLIKKIE BAIE DUIDELIK MET U KLEUTER SE NAAM.

12

SPEELGOED

Die skool kan nie verantwoordelikheid vir enige persoonlike speelgoed aanvaar nie. Moet asseblief GEEN speelgoed skooltoe stuur nie. SLEGS in skoolvakansies kan een gemerkte speelding skooltoe gestuur word.

13

IMMUNISERINGSKAART

Dit is ‘n vereiste van die Gesondheidsdepartement dat ons ‘n afskrif van u kleuter se immuniseringskaart op lêer moet hê. Die immuniseringskaart word aangevra saam met die leerder se inskrywing.

14

RIGLYNE VIR SIEK KINDERS

Sien Afdeling 12 in verband met medikasie. Indien u kind een van die volgende simptome het, moet hy/sy liefs tuis gehou word om sodoende nie die ander kinders in gevaar te stel nie:

1. Onbeheerbare diarree
2. Mondsere
3. Pink Eye” (24 uur na behandeling)
4. Kopluise (tot 24 uur na behandeling)
5. Enige aansteeklike siektes. Kleuter mag alleenlik terugkeer met geskrewe mediese toestemming.
6. Koors van meer as 37.5°C met ander simptome van siekte.

15

BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE

Maandae: *
Dinsdae: *
Woensdae: Playball
Donderdae: *
Vrydae: *
*Die dae sal deur gegee word aan die ouers. Die dag van die week en tyd mag verskil van leerder tot leerder.

16

OMSENDBRIEWE

Ons manier van kommunikasie met die ouer is deur middel van Whatsapp groepe. Die groepe is “ADMIN ONLY” om onnodige boodskappe te voorkom. Elke kind het ook ʼn A5 kommunikasieboekie wat tussen die skool en huis gestuur word.

17

SNOEPWINKEL

Daar is Vrydae snoepie beskikbaar. Dit beloop R5 per week. Kontant moet inbetaal word by klasonderwyser. bv. R20.00 per maand of u kan vooruitbetaal vir die kwartaal. Dit is slegs vir die peuters – kleuters. Ons gebruik die geleentheid om die leerders meer oor die waarde van geld te leer, somme te maak ens.

18

BABAGROEP

Daaglikse benodighede wat die ouer verantwoordelik is om aan te koop en in die tas te pak:

- Doeksak met 3 stelle skoonklere
- Fopspeen, doeke, wipes en boudroom -Melk en bottels, reeds afgemeet (bottels reeds gevul met water, poeier afgemeet in houers)
- Maak asseblief seker dat baba die bottel gewoond is as hulle nog borsmelk drink.
- Borsmelk moet verpak word in sakkies of reeds in bottel reeds afgemeet.
- Spoedgoek