MEER OOR ONS

Ontsluit elke kind se unieke potensiaal deur persoonlike en opwindende leer.

Ons het Advancity gebasseer op die volgende wyse woorde van Albert Einstein: “Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”

Daar word verwag van leerders om in ‘n ‘boks’ te dink, te leer en groot te word. Daarom het ons ‘n akademie en naskool geopen om ‘n leeromgewing te vestig wat elke kind se individuele leerstyl benut, maar ook die gebiede versterk waar hulle struikelblokke in die gesig staar . Maar veral om leer pret en opwindend te maak en elke leerder te betrek.
ONTMOET ONS SPAN

Kenners in die skep van 'n blink toekoms

Anchen Joubert

Gekwalifiseerde onderwyser met 'n honneursgraad gespesialiseerd in "Barriers of Education" tans ingeskryf vir haar meestersgraad met 9 jaar onderwyservaring. Mamma van twee woelige seuntjies met 'n passie vir onderrig.

DIREKTEUR

Jolene Perkins

Liefde en passie vir die kinders is haar dryfkrag vir alles wat sy doen. Die kinders se beste belang is altyd haar prioriteit nommer een. Sy skep 'n veilige omgewing vir elke kind om hom-/ haarself te kan wees en veilig te voel om vrae te vra. Sy maak seker dat elke kind hul volle potensiaal bereik.

SKOOLHOOF

Kayla Leahy

Sprankelend en passievol, maar ook streng en konsekwent in haar klas. Sy skep 'n energieke leeromgewing waar kinders graag deelneem. Sy hou daarvan om te sien hoe elke leerder met selfvertroue groei.

WAARNEMENDE ADJUNKHOOF

Stephanie Prinsloo

Hardwerkend, passievol, en 'n jong juffrou met 'n groot hart. Stephanie stel altyd haar leerders eerste en haar passie vloei deur alles wat sy aanpak. Sy neem graag deel aan kerk- en gemeentskapsaktiwiteite.

JUFFROU

Dalene Janneke

Toegewyd en liefdevol. Sy bou vertrouensverhoudings met haar leerders en geniet dit om kreatiewe leerervarings te skep waar almal kan groei.

JUFFROU

Chazelle Jordaan

Nuut gekwalifiseerde juffrou wat met geduld, kalmte en liefde werk. Sy glo elke kind leer op sy eie manier en sy gee graag die ondersteuning wat hulle nodig het om te skitter.

JUFFROU

Tannie Nicole

Tannie Nicole bak daagliks die lekkerste muffins en berei al die nageregte voor. Sy is energiek en speel graag saam die kinders op die trampolien.

ASSISTENT KOK EN SKOONMAKER

Tannie Evy

Evy werk al meer as 15 jaar in ons familie. Haar melkkosresep (wat sy steeds nie met ons wil deel nie) is die kinders se gunsteling

KOK EN SKOONMAKER

Oom Timbie

Oom Timbie is 'n boffen in die tuin. Hy ken al die geheime om ons grasperk so mooi groen te hou. Hy maak seker dat ons skool altyd netjies is.

TUINIER

Waar ‘n glansryke toekoms ‘n realiteit word

Scroll to Top