Meer Oor Ons
AKADEMIE TUISONDERRIG
Hierdie kreatiewe en innoverende klaskamer verander die hele dinamika van onderrig en “skool”. Dit maak leer weer lekker !
HOEKom Ons
AKADEMIE is waar ons uitstaan
Ons passie by Advancity is Howard Gardner se teorie van veelvuldige intelligensie—die verstaan dat elke kind se brein uniek funksioneer. Geïnspireer deur Albert Einstein se bekende woorde oor die vis wat nie 'n boom kan klim nie, breek ons weg van die tradisionele 'boks-denke'.
Ons akademie en naskool bied 'n dinamiese leeromgewing wat elke kind se individuele potensiaal ontsluit. Ons versterk hul swakpunte deur hul unieke leerstyle in te span, maar ons fokus veral daarop om leer 'n opwindende avontuur te maak waarby elke leerder baat vind.
Vriendelikheid
Kreatiwiteit
Emosioneel
Innovasie
Veiligheid
Veiligheid is Prioriteit
- Veiligheidshek met 'n kode wat elke kwartaal verander word
- Veiligheidshekke by ingange, elektriese-omheining
- Ons drywers het almal PDP-lisensies
Advancity Groot
Wat jy kan verwag:
Spyskaart
Maandelikse wisselende lip-lekker-spyskaart (Geregistreerde dieetkundige)
Verslae
Aanpassingsverslae (Sodat jy weet hoe jou lyfie aanpas in hulle nuwe skool / klas)
Kwartaallikse vorderingsverslae
Klaswerklêers
Kwartaallikse klaswerklêers wat huis toe gestuur word om te spog oor kleinding se “werk” en vordering
Aktiwiteite
Veiligheid
Higiëne en etes
- Gefiltreerde drinkwater en koeldrank heeldag beskikbaar, koud gehou deur yspakkies
- Ons kok sowel as ons onderwysers het 'n "Basic food handeling" kursus voltooi
- PPE gereedskap, skoonmaker wat daagliks skoonmaak
- Persoonlik drink koppie met elke leerder se naam op
- Lugversorging
