MEER OOR ONS
Ontsluit elke kind se unieke potensiaal deur persoonlike en opwindende leer.
Daar word verwag van leerders om in ‘n ‘boks’ te dink, te leer en groot te word. Daarom het ons ‘n akademie en naskool geopen om ‘n leeromgewing te vestig wat elke kind se individuele leerstyl benut, maar ook die gebiede versterk waar hulle struikelblokke in die gesig staar . Maar veral om leer pret en opwindend te maak en elke leerder te betrek.
ONTMOET ONS SPAN
Kenners in die skep van 'n blink toekoms
Anchen Joubert
Juffrou Anchen is ’n gekwalifiseerde onderwyser met ’n Meestersgraad in Opvoedkunde, gespesialiseerd in “Barriers of Education”. Met meer as 15 jaar onderwyservaring bring sy ’n skat van kennis, passie en toewyding na die onderwysomgewing. As mamma van twee woelige seuntjies verstaan sy die unieke behoeftes van kinders en glo sy daarin om elke leerder te ondersteun om hul volle potensiaal te bereik.
Direkteur
Gyla Meyer
Juffrou Gyla is die skoolhoof van Advancity Klein Akademie en lei die skool met passie, kreatiwiteit en ’n hart vir kinders. Sy glo daarin om voortdurend nuwe idees en unieke benaderings tot die skoolomgewing te bring om die beste moontlike ervaring vir elke leerder te skep. Haar fokus is om ’n liefdevolle en stimulerende omgewing te bou waar kinders, personeel en gesinne kan groei en floreer.
Skoolhoof
Melissa Coetzee
Juffrou Melissa het ’n groot liefde vir musiek en bring daardie energie na haar klaskamer. Sy sien die unieke waarde in elke kind raak en help hulle om selfvertroue te bou, hul talente te ontdek en te ontwikkel. Met haar sagte en geduldige geaardheid skep sy ’n omgewing waar kinders veilig voel om te groei en te leer.
Adjunkhoof
Mikaela Opperman
Juffrou Mikaela is ’n liefdevolle en sagte persoon wat maklik ’n spesiale band met die kinders vorm. Die leerders voel gemaklik en geborge by haar, en geniet haar geselskap. Sy is altyd gewillig om te help en hou daarvan om saam met die kinders te speel en pret te hê.
Juffrou
Shemay
Juffrou Shemay is ’n kreatiewe en toegewyde assistent wat aktiwiteite op ’n prettige manier aan die leerders oordra. Sy geniet dit om nuwe idees te ontwikkel en maak seker dat buitespel meer as net speel is. Met haar kreatiwiteit skep sy opwindende ervarings waarna die kinders altyd uitsien.
Assisstent Juffrou
Cynthia
Juffrou Cynthia het ’n besondere liefde vir haar babas en geniet dit om hulle groei en ontwikkeling te ondersteun. Sy is passievol daaroor om elke baba te help om hul belangrike mylpale te bereik. Haar sagte en sorgsame geaardheid maak haar ’n geliefde deel van die babaklas.
Assisstent Juffrou
Monicca
Juffrou Moni is ons glimlag-assistent wat elke dag met energie en entoesiasme die kinders se harte wen. Sy geniet dit om die leerders te help leer en maak graag seker dat hulle belangrike konsepte op ’n prettige manier bemeester. Haar vriendelike geaardheid en groot liefde vir die kinders maak haar ’n geliefde deel van ons span.
