Advancity klein
Wat jy kan verwag:
Spyskaart
Maandelikse wisselende lip-lekker-spyskaart (Geregistreerde dieetkundige)
Verslae
Aanpassingsverslae (Sodat jy weet hoe jou lyfie aanpas in hulle nuwe skool / klas)
Kwartaallikse vorderingsverslae
Klaswerklêers
Kwartaallikse klaswerklêers wat huis toe gestuur word om te spog oor kleinding se “werk” en vordering
Aktiwiteite
Playball (3 maande - 6 jaar)
Baba Massering (3 maande - 12 maande)
Musieklesse (6 maande - 6 jaar)
Rekenaarlesse (3 jaar - 6 jaar)
Swemlesse (2 jaar - 6 jaar)
Robotika (5 jaar - 6 jaar)
Robotiza (3 jaar - 4 jaar)
Bak-en-brou (2 jaar - 6 jaar)
Veiligheid
Veiligheid is Prioriteit
- Veiligheidshek met 'n kode wat elke kwartaal verander word
- Veiligheidshekke by ingange, elektriese-omheining
- Ons drywers het almal PDP-lisensies
Veiligheid
Higiëne en etes
- Gefiltreerde drinkwater en koeldrank heeldag beskikbaar, koud gehou deur yspakkies
- Ons kok sowel as ons onderwysers het 'n "Basic food handeling" kursus voltooi
- PPE gereedskap, skoonmaker wat daagliks skoonmaak
- Persoonlik drink koppie met elke leerder se naam op
- Lugversorging
Fooie
Ons Fooie
Jaarlikse Registrasie Fooi
- R 1000.00
- Welkom pakkie met inskrywing om die jaar oop 'n hoë noot af te skop
- Jaarlikse skryfbehoeftes, kunsvoorraad ens.
- Leer materiale en drukwerk
- Verrykende materiale en speletjies
- Persoonlike drinkglassie/bottels en eetgerei
- Bederfie op verjaarsdag
- Skoolhempie vir Vrydae (vanaf 1 jaar)
- Hoef vir wanneer ons buite speel (vanaf 1 jaar)
- Ingesluit aktiwiteite se registrasiefooie vir die jaar
- Daaglikse "wet wipes" , sneesdoekies, toiletpapier ens
- Spesialedae se bederfies soos pannekoekdag, Vrydae se nagereg, onderwysers se verjaarsdae kolwyntjies, en vele meer.
*Geen kwartaalikse behoeftes word verder aangevra nie.
Maandelikse Fooi
- R 4100.00
- Alle etes tussen 06:30 - 17:30
- Koeldrank en gefiltreerde water deur die dag
- Vervoer vanaf die skool tot by die ingesluite aktiwiteite (slegs swem)
- Ekstra ingesluite aktiwiteite se maadelikse kostes
*Uitgesluit uit die maandeliksefooi en registrasiefooi:
- Kwartaalikse akademie uitstappies (kan moontlik kostes bevat vir our se rekening, afgehangend van die tiepe uitstappie)
- R5.00 op 'n Vrydag vir snoepie (ons gebruik die geleentheid om die leerders te leer hoe met geld te werk)
- Daaglikse doeke (geen lapdoeke) boudsalf, "wet wipes" vir doek ruil, poeier, blikmelk en drink bottels, sonbrandroom ens, is steeds op ouers se eie omkostes en moet daagliks saam gestuur word of opgevul soos nodig. Maandelikse voorraad kan ook gestuur word.
"Potty Training"
Hoe weet jy of jou kind gereed is om potjie opgelei te word?
Hier is 'n paar tekens dat jou kind gereed is om te begin met potjieoefening:
- Hulle doek bly vir twee uur of langer skoon.
- Hulle trek gedeeltelik uit sonder jou hulp.
- Hulle vertel jou wanneer hul doek vol is (bv. hulle sê "piepie" of "poep") of lyk ongemaklik in 'n vuil doek.
- Hulle volg jou na die badkamer toe en lyk geïnteresseerd in wat jy doen.
- Hulle kan trappe op en af gaan en hurk en opstaan.
- Hulle kan hul behoeftes uitdruk. Hulle sê byvoorbeeld: "Melk hê!"
- Hulle wil hul doek uittrek en onderklere dra.
Sodra ʼn lyfie gereed is vir “potty training” stel ons die ouer in kennis. Ons sal ook al die
inligting vir die ouers deurgee saam die instruksie wat ook by die huis gevolg moet word.
Ons begin gewoonlik wanneer die leerder twee word en die nodige tekens wys. As ʼn
leerder nog nie reg is nie, gee ons hulle die nodige tyd asook motivering. “Potty training”
moet nooit as ʼn staf of negatief gesien word nie.
Sodra “potty training” begin, beveel ons aan om een van die volgende aan te skaf vir by die
huis:
Medikasie
MEDIKASIE BELEID EN PROSEDURES
Die Kinderwet stel verskeie vereistes voor aan kleuterskole, skole en instansies rakende die toediening van medikasie aan kinders en die byhou van registers.
GEEN MEDIKASIE MAG IN KINDERS SE TASSE GEBêRE WORD NIE!
Waar moontlik, moet die eerste dosis van die medikasie by huis gegee word om te sien of die kind enige tipe allergiese reaksie het op die medisyne. Die skool sal alleenlik medikasie toedien met die skriftelike goedkeuring van die ouers/voog. Daar sal medikasie toestemming vorm aan ouers gegee word die oggend wat die medikasie by die skool afgegee word.
Geen bottels medisyne sal aanvaar word
nie. Die medisyne moet reeds in ‘n spuit
opgetrek wees. Die spuit moet ook duidelik met die
kind se naam gemerk wees.
Al die medisyne spuite moet in ‘n plastiese ziplock
sakkie gesit word. Die sakkie moet ook duidelik met
die kind se naam gemerk wees. Hierdie maatreël is
om oordosering te voorkom en daardeur die kleuters en die onderwyseres te beskerm.
Ons sal altyd probeer ekstra geseëlde spuite by die skool aanhou.
GEEN SETPILLE SAL AAN LEERDERS TOEGEDIEN WORD NIE
- Alle medikasie moet afgegee word aan die klasonderwyseres of assistent.
- Dit sal dan op die medikasie kennisgewingbord aangeteken word.
- Alle medikasie moet duidelik gemerk wees.
- Antibiotika word volgens die Dokter se voorskrifte gegee.
Ons Kurrikulum
3 Maande – 2 Jaar
Die kinders in hierdie ouderdomsgroep word meestal gestimuleer deur hul sintuie te
gebruik. Die juffrouens vir hierdie ouderdomsgroep sal konsentreer op die kind se
behoefte aan aanraking, spraak, voel en waarneming.
Hierdie ouderdomsgroep kort baie aandag; daarom is die klasprogram gestruktureer
om in hul unieke ontwikkelingsbehoeftes te voorsien.
ADVANCITY KLEIN
Algemene inligting hersiening
01
GELOOF
Ons is ʼn Christelike skool en leerders neem elke dag deel aan ons bybelstudie. Ons vier alle Christelike feesvieringsdae.
02
VERJAARSDAE
‘n Verjaardag is ‘n groot gebeurtenis in die lewe van elke kind. Indien u by die skool iets te ete vir die kleuters wil aanbied, is u baie welkom om ‘n verjaardagpakkie op te maak vir elke kleuter in die klas, of bespreek dit met die klasonderwyseres, wat die beste sal wees vir die betrokke klas.
03
UITSTAPPIES
Uitstappies word soms deur die skool onderneem. ‘n Toestemmingsbrief word aan elke ouer gegee voor elke uitstappie en moet voltooi en teruggestuur word. Daar word meer gebruik gemaak van opvoedkundige groepe wat die kleuters by die skool kom besoek, maar soms gebeur dit dat ons die kleuters uitneem waarvoor ons dan ‘n toestemmingsbrief nodig het. Hoewel veiligheidsmaatreëls getref word, kan die skool nie verantwoordelik gehou word vir enige gebeurlikhede nie. Ons probeer die opvoedkundige uitstappies so bekostigbaar as moontlik reël. Die kostes is wel vir die ouers se rekening.
04
AANSOEK VIR TOELATING
Aansoeke geskied elke jaar vanaf Augustus vir die volgende jaar. Daar moet elke jaar vir elke kleuter opnuut aansoek gedoen word, al is die sodoende lyfie reeds by die skool ingeskryf. Gedurende Augustus sal die hoof die ouers verwittig of die kleuter toegelaat kan word, en van watter datum hy/sy die skool mag bywoon.
05
WAGLYS
‘n Waglys word gehou vir die betrokke jaar vir vakatures wat in daardie jaar mag ontstaan – “so doen betyds aansoek”!
06
SKOOLBESOEK
‘n Kleuter wat ingeskryf is, behoort die skool gereeld by te woon om werklik voordeel te trek uit die opvoedkundige program. Indien ‘n kleuter afwesig is, laat ons asseblief weet. Moet nie u kleuter te gou skool toe stuur nadat die kind ‘n aansteeklike siekte gehad het nie.
07
RAPPORTE
U sal vorderingsverslae van u kleuter kry asook ‘n aanpassingsverslae soos gestipuleer in Afdeling A.
08
AMPTELIKE TYD
Kleuters mag gebring word vanaf 07:00. Daar sal ‘n personeellid reeds om 06:30 aan diens wees vir die ouers wat vroeg begin werk. Geen leerders mag voor 06:30 by die skool afgelaai word nie. Die dagprogram begin om 08:00. Probeer asb. die leerder teen die tyd by die skool hê.
09
BENODIGDHEDE
‘n Jaarlikse registrasiefooi word gehef en dit sluit in ‘n skryfbehoeftepakkie wat die onderwyseres in die klas sal gebruik, asook ‘n T-hempie vir Vrydae. Indien u reeds die registrasiefooi betaal het en u sou besluit om nie meer u kind te stuur nie sal die registrasiefooi ongelukkig nie terugbetaalbaar wees nie. Sien Afdeling 10 wat stipuleer wat die registrasiefooi alles insluit.
10
SKOOLDRAG
Trek u kleuter gemaklik aan skool toe, dit wil sê speelklere wat kan vuil word. Maak seker dat u kind se klere nie agterbly by die skool nie. Stuur asseblief ‘n tassie met spaarklere saam skool toe. Op ‘n dag benodig ons dalk droë of skoon klere vir u kleuter. Maak seker dat u kind se klere duidelik gemerk is..
11
EETGOED – OGGEND EN MIDDAGVERVERSINGS
Die skool voorsien gebalanseerde etes aan al die leerders asook koeldrank en gefilterde water deur die loop van die dag. Verwys na Afdeling 5 vir ons lip-lekker-etes. Ouers kan net tydens skoolvakansies vir die peuters en kleuters hul eie gesonde kospakkie saamgee skool toe, met ʼn paar lekkers en bederfies. Die onderwyseres sal dit dan op ‘n veilige plek bêre tot verversingstyd. LET WEL: Leerders kry nogsteeds hul daaglikse etes voorsien deur die skool. Dis kosblikkie is net ʼn ekstra bederfie na middagete. MERK ASSEBLIEF DIE KOSBLIKKIE BAIE DUIDELIK MET U KLEUTER SE NAAM.
12
SPEELGOED
Die skool kan nie verantwoordelikheid vir enige persoonlike speelgoed aanvaar nie. Moet asseblief GEEN speelgoed skooltoe stuur nie. SLEGS in skoolvakansies kan een gemerkte speelding skooltoe gestuur word.
13
IMMUNISERINGSKAART
Dit is ‘n vereiste van die Gesondheidsdepartement dat ons ‘n afskrif van u kleuter se immuniseringskaart op lêer moet hê. Die immuniseringskaart word aangevra saam met die leerder se inskrywing.
14
RIGLYNE VIR SIEK KINDERS
Sien Afdeling 12 in verband met medikasie.
Indien u kind een van die volgende simptome het, moet hy/sy liefs tuis gehou word om
sodoende nie die ander kinders in gevaar te stel nie:
1. Onbeheerbare diarree
2. Mondsere
3. Pink Eye” (24 uur na behandeling)
4. Kopluise (tot 24 uur na behandeling)
5. Enige aansteeklike siektes. Kleuter mag alleenlik terugkeer met geskrewe
mediese toestemming.
6. Koors van meer as 37.5°C met ander simptome van siekte.
15
BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE
Maandae: *
Dinsdae: *
Woensdae: Playball
Donderdae: *
Vrydae: *
*Die dae sal deur gegee word aan die ouers. Die dag van die week en tyd mag verskil van
leerder tot leerder.
16
OMSENDBRIEWE
Ons manier van kommunikasie met die ouer is deur middel van Whatsapp groepe. Die groepe is “ADMIN ONLY” om onnodige boodskappe te voorkom. Elke kind het ook ʼn A5 kommunikasieboekie wat tussen die skool en huis gestuur word.
17
SNOEPWINKEL
Daar is Vrydae snoepie beskikbaar. Dit beloop R5 per week. Kontant moet inbetaal word by klasonderwyser. bv. R20.00 per maand of u kan vooruitbetaal vir die kwartaal. Dit is slegs vir die peuters – kleuters. Ons gebruik die geleentheid om die leerders meer oor die waarde van geld te leer, somme te maak ens.
18
BABAGROEP
Daaglikse benodighede wat die ouer verantwoordelik is om aan
te koop en in die tas te pak:
- Doeksak met 3 stelle skoonklere
- Fopspeen, doeke, wipes en boudroom
-Melk en bottels, reeds afgemeet (bottels reeds gevul met
water, poeier afgemeet in houers)
- Maak asseblief seker dat baba die bottel gewoond is as hulle nog borsmelk drink.
- Borsmelk moet verpak word in sakkies of reeds in bottel reeds afgemeet.
- Spoedgoek